Hoekom jy my gerus kan oorweeg

wie
Ek is Heinrich Eksteen wat woon in Northcliff, Johannesburg.
Ek is self by jou funksie teenwoordig om seker te maak jy kry net die beste kwaliteit en diens.
Ek het 15 jaar suksesvolle ondervinding in die bedryf.

wat
Ek is ‘n mobiele musiek fasiliteit wat dans- en agtergrondmusiek en klankversterking voorsien by bv. Troues, jaareindfunksies, kunstenaarsoptredes, toneelstukke ens.
Ek doen ook beperkte “multi track” klankopnames, met redigering, op rekenaar.
Ek is geregistreer by SAMRO (Suid Afrikaanse Musiek Regte Organisasie).

waar
Ek lewer my diens hoofsaaklik in Gauteng, maar was ook al sover as Victoriabaai vir ‘n troue.

wanneer
Ek is hoofsaaklik oor naweke beskikbaar.

waarmee
Ek gebruik van die beste en betroubare klank- en rekenaartoerusting.
Ek neem ook “back-ups” van sekere klanktoerusting items en veral die liedjies saam.
Ek verhuur ongelukkig nie toerusting uit nie.

hoe
Die prys sluit ‘n afspraak in. Ons gesels lekker met ‘n drink dingetjie, oor al jou musiek voor en afkeure.
Tydens die funksie lees ek my “gehoor” om seker te maak almal geniet die partytjie, veral die “wat van vêr af kom”.
Ek speel slegs die beste dans- en agtergrondmusiek om te Sokkie, Wals, Twist, Tango, Rumba, Samba, Jive en Shuffle.
Ek gebruik hoofsaaklik oorspronklike kunstenaar musiek.
Die klankverspreiding in die lokaal is ‘n belangrike deel van my diens en moeite word hiermee gemaak. Dit beteken jou gaste om die tafels kan mekaar nog hoor, terwyl die musiek op die dansvloer hard genoeg is om lekker te dans.
Ek voorsien ook klank tydens die kerkdiens van ‘n troue. Indien ek die klank daar hanteer voorsien ek ‘n koordlose lapel mikrofoon vir die prediker. Ek kan ook liedjies inspeel wat dien as begeleiding tydens die sang.
Geklee om by julle geleentheid te pas.

Comments are closed.